Ou Testament

Nuwe Testament

Job 27:18-23 Bybel vir Almal (ABA)

18. Die mens wat verkeerd doense huis kan hom nie beskerm nie.Hy is soos ’n wurmpie in sy nes,of soos ’n wagin ’n huisie van takke,sy huis kan hom nie beskerm nie.

19. Hy is ’n ryk man wanneer hy gaan slaap,maar wanneer hy sy oë oopmaak,dan is alles weg, hy is nie meer rykwanneer hy weer gaan slaap nie.

20. Hy word skielik baie bang,so bang soos wanneer water oor hom spoel,die stormwind waai hom weg in die nag.

21. Die oostewind waai hom uit sy huisen hy is weg.

22. Die wind is nie jammer vir hom nie,hy probeer vlug, maar die wind waai hom weg.

23. Die wind is bly oor wat met hom gebeur,dit blaas hom weg uit sy plek.”

Lees volledige hoofstuk Job 27