Ou Testament

Nuwe Testament

Job 24:12-24 Bybel vir Almal (ABA)

12. Arm mense wat sterf,kla en huil in die stad,hulle het baie seerplekkeen hulle skree en vradat God hulle moet help,maar God luister nie.

13. “Slegte mense hou nie van die lig nie,hulle wil nie hê dat mense moet sienwat hulle doen nie.

14. Die moordenaar staan opvoordat dit lig word,en hy vermoor mensewat hulleself nie kan help nie,hy vermoor arm menseen hy steel wanneer dit nag is.

15. Die persoon wat egbreuk wil pleeg,wag totdat dit donker word,hy dink niemand sal hom sien nieen hy sit ’n sluier oor sy gesig.

16. Diewe wat inbreek,werk in die donkeren hulle kruip weg in die dag,hulle wil nie die lig sien nie.

17. Vir daardie mense is die donkersoos die oggend,hulle weet hoe dit is om in die nagbang te wees.”

18. “Hierdie slegte mense is soos dingewat lig is en vinnig op die water wegdryf.God het hulle grond vervloek,niemand gaan werk in hulle wingerde nie.

19. Wanneer dit droog en warm is,dan smelt en verdwyn die sneeu.Dit is dieselfde met sondaars,hulle verdwyn in die doderyk.

20. Die sondaar se eie ma vergeet hom,die wurms hou daarvan om hom te vreet,niemand dink nog aan hom nie.Die mens wat slegte dinge doen,breek soos ’n stuk hout,

21. want hy het die goed gesteelvan die vrou wat nie kinders kon kry nie,hy het nooit goed gedoen aan ’n weduwee nie.

22. Maar God is sterker as sterk mense.Wanneer Hy besluit om iets te doen,dan kan die mens wat slegte dinge doen,nie aanhou lewe nie.

23. God laat daardie mens veilig voel,hy dink dat God hom help,maar God sien alles wat hy doen.

24. Mense wat verkeerde dinge doen,is net ’n kort tydjie belangrik,maar dan verdwyn hulle.God laat hulle sterfsoos al die plantewat droog word en verlep,hulle sterf soos koring-arewanneer mense dit afsny.

Lees volledige hoofstuk Job 24