Ou Testament

Nuwe Testament

Job 22:22-30 Bybel vir Almal (ABA)

22. Jy moet luister na wat Hy vir jou sê,jy moet dit goed onthou.

23. As jy terugkom na die Almagtige toe,as jy ophou om sonde te doen,dan sal jy weer word soos jy voorheen was.

24. Jy moet onthou dat goudnie méér kosbaar is as stof nie,jy moet onthou dat die beste goudnie méér kosbaar isas die klippe in die rivier nie.

25. Dan sal die Almagtige vir jou weessoos goud, soos die beste silwer.

26. Ja, dan sal jy bly weesdat die Almagtige jou God is,jy sal weet dat Hy goed wil wees vir jou.

27. Jy sal dan tot Hom bid,en Hy sal doen wat jy vra,en jy sal jou geloftes betaal.

28. Jy sal besluit oor iets, en dit sal gebeur,daar sal lig wees op jou pad.

29. Wanneer God mense onbelangrik laat word,en jy vra dat Hy hulle weer belangrik moet laat word,dan sal God dit doen, Hy red nederige mense.

30. God sal ’n mens red,ook wanneer die mens skuldig is.En Hy sal jóú red as jy onskuldig is.”

Lees volledige hoofstuk Job 22