Ou Testament

Nuwe Testament

Job 21:24-33 Bybel vir Almal (ABA)

24. hy eet lekker en hy word vet.

25. ’n Ander mens is nooit gelukkig nie,hy kry swaar totdat hy sterf.

26. Maar hulle altwee sterf en hulleword begrawe,en die wurms vreet hulle op.

27. Ek weet wat julle dink,ek weet dat julle my nog meerwil laat seerkry.

28. Julle wil vra: ‘Waar is die huisvan die belangrike man?Wat het oorgebly van die plekwaar die mense gewoon hetwat verkeerd doen?’Niks!

29. Het julle vir die mense gevrawat op die pad verbykom?En as julle gevra het,het julle geluister?Nee!

30. Hulle sou vir julle gesê hetdat ’n slegte mens veilig blywanneer dit sleg gaan met ander mense.Hulle sou gesê het dat die slegte mensaanhou lewe wanneer God ander mense straf.

31. Niemand sê vir die slegte mensdat hy verkeerd gedoen het nie,niemand straf hom oor sy sondes nie.

32. En wanneer hy sterf en begrawe word,dan sal die mense wagstaan by sy graf.

33. Hy kry ’n mooi graf in die vallei,en baie mense loop saam,hulle loop voor en agter sy lyk,hulle is so baie mense dat niemandhulle kan tel nie.

Lees volledige hoofstuk Job 21