Ou Testament

Nuwe Testament

Job 21:2-19 Bybel vir Almal (ABA)

2. “Julle moet goed luister na wat ek sê,dan sal julle my beter kan troos.

3. Julle moet geduldig wees met mysodat ek kan praat.Julle kan spot wanneer ek klaargepraat het.

4. Ek kla nie oor mense nie,ek kla oor God.En hoekom mag ek nie ongeduldigwees nie?

5. Julle moet na my kyk,dan sal julle geskok en ontsteld weesen dan sal julle stilbly.

6. As ek daaraan dink,dan word ek baie bang,en my hele liggaam bewe.”

7. “Ek vra hoekom kan die mensewat verkeerd doen,aanhou lewe en oud word.Hoekom word hulle baie belangrik?

8. Hulle nageslag is by hulle,hulle sien dat hulle afstammelinge het.

9. Dit gaan goed met hulle huisgesinne,hulle is nie bang nie,God laat hulle nie swaarkry nie.

10. Die mense wat verkeerd doense beeste kry meer en meer kalwers.

11. Hulle kinders hardloop rond en hulle danssoos skape en bokke.

12. Die mense wat verkeerd doen,sing en hulle vier fees,hulle speel op die tamboerynen die lier en die fluit.

13. Hulle lewe gelukkig en hulle het vredewanneer hulle sterf.

14. Hulle sê vir God: ‘Los ons, ons wil nie weetwat U wil hê ons moet doen nie.

15. Wie is die Almagtige,hoekom moet ons Hom dien?Sal dit help as ons Hom soebatom ons te help?’

16. Hierdie mense dinkdat dit goed gaan met hulleomdat hulle self daarvoor werk.Die mense wat verkeerd doen,dink nie soos ek dink nie.

17. Blaas God die lamp doodvan die mense wat verkeerd doen?Nee!Laat Hy dit sleg gaan met hulle?Word Hy kwaad vir hulle en straf Hy hulle?

18. Verdwyn hulle soos kaf wat wegwaaiof soos droë blare in ’n stormwind?Nee!

19. Julle sê God straf die kindersvan die mense wat verkeerd doen.Maar ek sê Hy moet die óúers self straf,húlle moet dit self voel.

Lees volledige hoofstuk Job 21