Ou Testament

Nuwe Testament

Job 21:17-24 Bybel vir Almal (ABA)

17. Blaas God die lamp doodvan die mense wat verkeerd doen?Nee!Laat Hy dit sleg gaan met hulle?Word Hy kwaad vir hulle en straf Hy hulle?

18. Verdwyn hulle soos kaf wat wegwaaiof soos droë blare in ’n stormwind?Nee!

19. Julle sê God straf die kindersvan die mense wat verkeerd doen.Maar ek sê Hy moet die óúers self straf,húlle moet dit self voel.

20. Die sondaar moet self swaarkry,hy moet weet dat die Almagtige kwaad is vir hom.

21. Die sondaar is nie bekommerdoor hoe dit sal gaan met sy huisgesinnadat hy self gesterf het nie.

22. Niemand kan vir God iets leerwat Hy nie weet nie,God wat regeer oor almal in die hemel.

23. Een mens bly gesond totdat hy sterf,hy lewe rustig en veilig,

24. hy eet lekker en hy word vet.

Lees volledige hoofstuk Job 21