Ou Testament

Nuwe Testament

Job 20:18-29 Bybel vir Almal (ABA)

18. Hy sal alles moet teruggeewat hy gekry het toe hy gewerk het,hy sal dit nie kan gebruik nie.Hy sal koop en verkoop en ryk word,maar hy sal dit nie geniet nie.

19. Want hy het op arm mense getrapen hy het hulle nie gehelp nie.Hy het huise vir homself gevatwat ander mense gebou het.

20. Hy kry nooit genoeg nie,hy wil altyd meer hê.

21. Wanneer hy eet, dan bly daar niks oor nie,en dit is hoekom dit niesal aanhou goed gaan met hom nie.

22. Hy het baie goed,meer as wat hy nodig het,maar dit sal skielik sleg gaanmet hom,hy sal baie swaar kry.

23. Hy sal iets anders moet eeten hy sal vol word daarvan.God sal kwaad word en God sal hom straf,dít sal die kos weeswat daardie mens moet eet.Die slegte dinge sal op hom val soos reën.

24. Wanneer hy vlug vir ’n vyand met ’n yster-swaard,dan sal ’n vyand met ’n brons-boog hom raakskiet.

25. Wanneer hy die pyl uittrek uit sy rug,die blink punt van die pyl wat deur sy gal gegaan het,dan sal hy bang wees, want hy sal weet dat hy sterf.

26. Die donker wag vir hom en vir alles wat hy het,’n vuur sal brand, niemand het dit aangesteek nie,en alles wat hy het, sal verbrand.

27. Die hemel en die aardesal getuig teen hom.

28. Wanneer God kwaad word en Hy wildie persoon straf,dan verloor daardie persoon alles.

29. Dit is wat God laat gebeurmet die mens wat verkeerd doen.”

Lees volledige hoofstuk Job 20