Ou Testament

Nuwe Testament

Job 20:16-25 Bybel vir Almal (ABA)

16. Hy sal die gif van ’n slang moet insuig,’n adder se tong sal hom laat sterf.

17. Hy sal niks kan geniet nie,ook nie as daar riviere vol heuningen dikmelk is nie.

18. Hy sal alles moet teruggeewat hy gekry het toe hy gewerk het,hy sal dit nie kan gebruik nie.Hy sal koop en verkoop en ryk word,maar hy sal dit nie geniet nie.

19. Want hy het op arm mense getrapen hy het hulle nie gehelp nie.Hy het huise vir homself gevatwat ander mense gebou het.

20. Hy kry nooit genoeg nie,hy wil altyd meer hê.

21. Wanneer hy eet, dan bly daar niks oor nie,en dit is hoekom dit niesal aanhou goed gaan met hom nie.

22. Hy het baie goed,meer as wat hy nodig het,maar dit sal skielik sleg gaanmet hom,hy sal baie swaar kry.

23. Hy sal iets anders moet eeten hy sal vol word daarvan.God sal kwaad word en God sal hom straf,dít sal die kos weeswat daardie mens moet eet.Die slegte dinge sal op hom val soos reën.

24. Wanneer hy vlug vir ’n vyand met ’n yster-swaard,dan sal ’n vyand met ’n brons-boog hom raakskiet.

25. Wanneer hy die pyl uittrek uit sy rug,die blink punt van die pyl wat deur sy gal gegaan het,dan sal hy bang wees, want hy sal weet dat hy sterf.

Lees volledige hoofstuk Job 20