Ou Testament

Nuwe Testament

Job 20:10-20 Bybel vir Almal (ABA)

10. Hy sal self die goed moet teruggeewat hy bymekaargemaak het,en sy kinders sal rente moet betaalop alles wat hy gevat het van arm mense.

11. Hy sal nog sterk en gesond wees,maar hy sal in sy graf moet gaan lê.

12. Dit was vir hom lekker om verkeerd te doen,hy het dit geniet soos lekker kos

13. wat hy in sy mond hou en stadig insluk.

14. Maar daardie kos sal verander in sy maag,dit sal so bitter word soos ’n slang se gal.

15. Hy het baie goed bymekaargemaak,maar hy sal dit verloor soos koswat ’n mens opbring wanneer hy naar is.God sal dit met hom laat gebeur.

16. Hy sal die gif van ’n slang moet insuig,’n adder se tong sal hom laat sterf.

17. Hy sal niks kan geniet nie,ook nie as daar riviere vol heuningen dikmelk is nie.

18. Hy sal alles moet teruggeewat hy gekry het toe hy gewerk het,hy sal dit nie kan gebruik nie.Hy sal koop en verkoop en ryk word,maar hy sal dit nie geniet nie.

19. Want hy het op arm mense getrapen hy het hulle nie gehelp nie.Hy het huise vir homself gevatwat ander mense gebou het.

20. Hy kry nooit genoeg nie,hy wil altyd meer hê.

Lees volledige hoofstuk Job 20