Ou Testament

Nuwe Testament

Job 20:1-15 Bybel vir Almal (ABA)

1. Sofar van die land Naäma het weer gepraat. Hy het gesê:

2. “Job, luister na my, ek dink ek moet praat,ek voel dat ek móét praat.

3. Ek hoor dat jy vir my wil leermaar jy beledig vir my.Ek verstaan nie wat jy dinkwanneer jy my nie antwoord nie.

4. Jy weet dit goed,dit was lank gelede so,dit was so vandat Godmense op die aarde gesit het:

5. Wanneer mense juig wat verkeerd doen,dan kan hulle dit nie lank doen nie.Iemand wat nie vir God wil ken nie,kan net ’n kort tydjie bly wees.

6. So iemand word miskien baie belangrik,hy is hoogmoedig en hy loop met sy neusin die lug,

7. maar hy sal so vinnig verdwynsoos sy mis.Mense wat hom voorheen gesien het,sal vra: ‘Waar is hy?’

8. Hy sal weggaan soos ’n droom,en jy sal hom nie kry nie.Mense sal hom vergeet,soos hulle vergeetwat hulle gesien hettoe hulle gedroom het.

9. Niemand sal hom weer sien nie,hy sal nooit weer wees waar hy was nie.

10. Hy sal self die goed moet teruggeewat hy bymekaargemaak het,en sy kinders sal rente moet betaalop alles wat hy gevat het van arm mense.

11. Hy sal nog sterk en gesond wees,maar hy sal in sy graf moet gaan lê.

12. Dit was vir hom lekker om verkeerd te doen,hy het dit geniet soos lekker kos

13. wat hy in sy mond hou en stadig insluk.

14. Maar daardie kos sal verander in sy maag,dit sal so bitter word soos ’n slang se gal.

15. Hy het baie goed bymekaargemaak,maar hy sal dit verloor soos koswat ’n mens opbring wanneer hy naar is.God sal dit met hom laat gebeur.

Lees volledige hoofstuk Job 20