Ou Testament

Nuwe Testament

Job 2:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Eendag het die engele weer voor die Here kom staan. Die Satan het saam met hulle gekom om voor God te kom staan.

2. Die Here het vir die Satan gevra: “Waar was jy?”Die Satan het gesê: “Ek het oral op die wêreld rondgegaan.”

3. Toe vra die Here vir die Satan: “Het jy my dienaar Job gesien? Daar is niemand in die wêreld soos hy nie. Hy is ’n goeie man, hy is eerlik, hy dien My en hy doen niks verkeerd nie. Hy het nie verkeerd gedoen nie, maar jy het gesê Ek moet hom laat swaarkry. En hy hou aan om heeltemal reg te doen.”

4. Toe sê die Satan vir die Here: “Maar Job self is nog sterk en gesond. ’n Mens sal alles wat hy het, gee om te kan lewe.

5. Maar as U iets doen aan Job se liggaam, dan sal hy U vervloek, dit is seker.”

6. Die Here het vir die Satan gesê: “Jy mag doen met Job wat jy wil, maar jy mag hom nie doodmaak nie.”

7. Die Satan het weggegaan van die Here en hy het vir Job siek gemaak. Job het slegte sere aan sy hele liggaam gekry.

Lees volledige hoofstuk Job 2