Ou Testament

Nuwe Testament

Job 15:31-35 Bybel vir Almal (ABA)

31. ’n Mens moenie homself bedriegen dink dat dinge hom kan help nie,dinge wat niks beteken nie.As hy dit dink, dan sál hy iets krywat niks beteken nie.

32. Hy sal wees soos ’n boomwat doodgaan voordat dit sy tyd is,’n boom wat nie nuwe groen takkies kry nie.

33. Hy sal wees soos ’n wingerdstokwat sy groen druiwe laat afval,of soos ’n olyfboom wat sy blommeop die grond laat val.’

34. Want wanneer mense bymekaarkomwat nie vir God wil dien nie,dan beteken die dinge wat hulle besluit, niks.Wanneer mense presente neem om verkeerd te doen,dan verbrand hulle huise.

35. Dit is die mense wat aanhou om te dinkwatter slegte dinge hulle kan doen,die mense wat verkeerd doenen wat ander mense bedrieg.”

Lees volledige hoofstuk Job 15