Ou Testament

Nuwe Testament

Job 15:22-34 Bybel vir Almal (ABA)

22. Hy kan nie hoop dat hy sal aanhou lewe nie,daar is altyd mense wat hom wil doodmaak.

23. Hy moet rondswerf om kos te kry,hy weet dat sy dood naby is.

24. Hy is bang, want dit is gevaarlik vir hom,so gevaarlik soos wanneer ’n koningmoet gaan oorlog maak.

25. Dit alles gebeur met hom omdat hysy vuis gewys het vir God,omdat hy wou veg teen die Almagtige.

26. Hy het vir God probeer aanvalsoos ’n soldaat wat ’n sterk skildvoor hom hou,

27. ’n soldaat wat vet aan sy gesigen sy lyf gesmeer het.

28. Maar hy sal woon in stede wat verwoes is,in huise waar mense nie kan woon nie,huise wat net hope klippe sal wees.

29. Hy sal nie ryk wees nie,hy sal nie sy goed vir homself kan hou nie,sy goed sal nie saam met hom gaanin sy graf in nie.

30. Hy sal sterf, dit is seker.Hy is soos ’n boom,sy takke sal verbrand,die wind sal sy blomme wegwaai.

31. ’n Mens moenie homself bedriegen dink dat dinge hom kan help nie,dinge wat niks beteken nie.As hy dit dink, dan sál hy iets krywat niks beteken nie.

32. Hy sal wees soos ’n boomwat doodgaan voordat dit sy tyd is,’n boom wat nie nuwe groen takkies kry nie.

33. Hy sal wees soos ’n wingerdstokwat sy groen druiwe laat afval,of soos ’n olyfboom wat sy blommeop die grond laat val.’

34. Want wanneer mense bymekaarkomwat nie vir God wil dien nie,dan beteken die dinge wat hulle besluit, niks.Wanneer mense presente neem om verkeerd te doen,dan verbrand hulle huise.

Lees volledige hoofstuk Job 15