Ou Testament

Nuwe Testament

Job 15:20-27 Bybel vir Almal (ABA)

20. ‘Die mens wat verkeerd doen,die mens wat altyd ander mensewil seermaak en doodmaak,daardie mens is altyd bang,so lank soos hy lewe.

21. Hy hoor altyd dinge wat hom laat skrik.Wanneer hy dink dat hy veilig is,dan val mense hom aan,mense wat alles wil verwoes.

22. Hy kan nie hoop dat hy sal aanhou lewe nie,daar is altyd mense wat hom wil doodmaak.

23. Hy moet rondswerf om kos te kry,hy weet dat sy dood naby is.

24. Hy is bang, want dit is gevaarlik vir hom,so gevaarlik soos wanneer ’n koningmoet gaan oorlog maak.

25. Dit alles gebeur met hom omdat hysy vuis gewys het vir God,omdat hy wou veg teen die Almagtige.

26. Hy het vir God probeer aanvalsoos ’n soldaat wat ’n sterk skildvoor hom hou,

27. ’n soldaat wat vet aan sy gesigen sy lyf gesmeer het.

Lees volledige hoofstuk Job 15