Ou Testament

Nuwe Testament

Job 15:1-15 Bybel vir Almal (ABA)

1. Elifas van die land Teman het begin praat. Hy het gesê:

2. “’n Man wat wysheid het,moenie nonsens praat nie,sy woorde moenie soos die wind wees nie.

3. Sy antwoord moenie niks beteken nie,hy moenie dinge sê wat niks help nie.

4. Maar jý doen iets wat baie slegter is,jy sal mense laat ophou om vir God te dien,hulle sal nie meer oor Hom wil dink nie.

5. Dit is jou sonde wat jou so laat praaten wat vir jou sê om daardie slim woordete kies.

6. Die dinge wat jy sê, wys dat jy skuldig is,jou eie woorde wys dat jy verkeerd is.

7. Job, dink jy dat jy die eerste mens iswat gebore is?Dink jy dat jy daar was voordat die heuwelsdaar was?

8. Luister jy wanneer Goden sy engele met mekaar praat?Dink jy dit is net jy wat wysheid het?

9. Wat weet jy wat ons nie weet nie?Ons verstaan ook alles wat jy verstaan.

10. Ons kry ons wysheid by die oumense,by mense wat ouer is as jou pa.

11. God wil vir jou troosen Hy wil mooi met jou praat.Beteken dit niks vir jou nie?

12. Hoekom is jy kwaad,hoekom lyk jou oë so kwaai?

13. Hoekom wil jy met God raas,hoekom sê jy hierdie dinge?

14. Niemand is heeltemal rein nie,niemand is onskuldig nie.

15. Kan God sy engele vertrouen is die hemel self rein genoeg vir Hom?Nee.

Lees volledige hoofstuk Job 15