Ou Testament

Nuwe Testament

Job 14:16-21 Bybel vir Almal (ABA)

16. Ja, dan sal U kyk hoe ek lewe,maar U sal nie my sonde onthou nie.

17. U sal vergeet dat ek opstandig was,U sal maak of U nie weet dat ekverkeerd gedoen het nie.

18. Maar nee, berge valen hulle breek stukkend,rotse gaan weg uit hulle plek,

19. water vloei oor klippeen skuur dit weg,baie water spoel die grond weg.So laat U die dinge verdwynwat ’n mens graag wil hê.

20. U vat die mens weg vir altyd, en hy gaan,hy lyk nie meer soos hy gelyk het nie,U stuur hom weg.

21. Mense respekteer sy seuns,maar hy weet dit nie.Of mense dink sy seuns is nie belangrik nie,en hy sien dit nie.

Lees volledige hoofstuk Job 14