Ou Testament

Nuwe Testament

Job 13:6-16 Bybel vir Almal (ABA)

6. Julle moet asseblief luister na wat ek sê,julle moet probeer verstaan wat ek wil sê.

7. Julle mag nie verkeerde dinge sêen dan sê dat julle praat om vir Godte help nie.Julle mag nie leuens vertelen dink dat julle dit vir Hom doen nie.

8. Julle kan nie sê dat God reg isen dat ek nie reg is nie,julle kan nie vír Hom wees en téén my wees nie.

9. Dit sal sleg gaan met julle as Hywil hoor wat julle sê,julle kan Hom nie bedriegsoos julle mense bedrieg nie.

10. Hy sal julle straf, dit is seker,Hy sal julle strafas julle dink dat julle vir Hom wil helpen niemand sal dit weet nie.

11. Julle sal baie bang word as Hy begin praat,julle sal skrik vir die Almagtige God.

12. Julle sê dat julle dinge onthou,maar dit beteken niks,die dinge wat julle sê, is soos as en klei.

13. Julle moet nou stilbly sodat ek kan praat,dan kan met my gebeur wat met my moet gebeur.

14. Ek weet ek speel met die dood.

15. Ja, God sal my laat sterf,ek kan niks hoop nie,maar ek wil vir Hom duidelik sêwat ek voel.

16. Miskien sal dit my help,want ’n mens wat nie vir God wil dien nie,sal nie voor Hom kan kom nie.

Lees volledige hoofstuk Job 13