Ou Testament

Nuwe Testament

Job 13:18-28 Bybel vir Almal (ABA)

18. Ja, ek het gereedgemaak om voor die Regter te staan,ek weet dat Hy sal sê ek is onskuldig.

19. As daar iemand is wat my kan beskuldig,dan sal ek stilbly, ek sal weet my lewe is verby.”

20. “O God, U moet twee dinge nie aan my doen nie,dan sal ek nie probeer om weg te kruip vir U nie.

21. U moenie my nog straf nieen U moenie vir my bangmaak vir U nie.

22. Dan kan U my roep, en ek sal antwoord.Of ek sal eerste praat, dan kan U my antwoord.

23. Sê vir my, hoe baie is my sondes?Sê vir my wat het ek verkeerd gedoen.

24. Hoekom kyk U weg,hoekom dink U dat ek u vyand is?

25. Ek is soos ’n blaarwat afgewaai het van ’n boom,ek is soos droë kaf.Hoekom wil U my bangmaaken hoekom wil U my volg en jaag?

26. Hoekom laat U my so baie swaar kry,hoekom onthou U nog die sondeswat ek gedoen het toe ek jonk was?

27. Dit is soos wanneer U my voetein ’n blok sit,dit is soos wanneer U kyk na elke treewat ek gee.

28. Ek is ’n mens wat sal sterfen sal verdwynsoos ’n ding wat vrot word,soos klere wanneer die motte dit vreet.

Lees volledige hoofstuk Job 13