Ou Testament

Nuwe Testament

Job 13:12-23 Bybel vir Almal (ABA)

12. Julle sê dat julle dinge onthou,maar dit beteken niks,die dinge wat julle sê, is soos as en klei.

13. Julle moet nou stilbly sodat ek kan praat,dan kan met my gebeur wat met my moet gebeur.

14. Ek weet ek speel met die dood.

15. Ja, God sal my laat sterf,ek kan niks hoop nie,maar ek wil vir Hom duidelik sêwat ek voel.

16. Miskien sal dit my help,want ’n mens wat nie vir God wil dien nie,sal nie voor Hom kan kom nie.

17. Julle moet goed luister na wat ek praat,julle moet probeer verstaan wat ek sê.

18. Ja, ek het gereedgemaak om voor die Regter te staan,ek weet dat Hy sal sê ek is onskuldig.

19. As daar iemand is wat my kan beskuldig,dan sal ek stilbly, ek sal weet my lewe is verby.”

20. “O God, U moet twee dinge nie aan my doen nie,dan sal ek nie probeer om weg te kruip vir U nie.

21. U moenie my nog straf nieen U moenie vir my bangmaak vir U nie.

22. Dan kan U my roep, en ek sal antwoord.Of ek sal eerste praat, dan kan U my antwoord.

23. Sê vir my, hoe baie is my sondes?Sê vir my wat het ek verkeerd gedoen.

Lees volledige hoofstuk Job 13