Ou Testament

Nuwe Testament

Job 10:15-22 Bybel vir Almal (ABA)

15. As ek verkeerd gedoen het,dan sal dit sleg gaan met my,en as ek onskuldig is,dan sal U my nie vryspreek nie.Ek kry baie swaar,dit gaan net sleg met my.

16. Wanneer ek sterk voel,dan jag U my soos ’n leeuen dan wys U vir my dat U sterker is.

17. U bring elke maal nuwe getuies teen my,U word meer en meer kwaad vir my,dit is soos wanneer U ’n leër teen my sal stuur.

18. Hoekom het U gesê ek moet gebore word?Ek wens dat ek gesterf het voordat iemandmy gesien het,

19. dan was ek nooit daar nie,hulle sou my na die graf gedra hetdadelik nadat ek gebore is.

20. My lewe is baie kort, God moet my los,Hy moet my lossodat dit ’n bietjie beter kan gaan met my

21. voordat ek weggaan om nie weerterug te kom nie,weggaan na die donker,die baie donker land,

22. die land waar dit altyd donker is,baie donker,die land waar alles deurmekaar is,waar lig soos donker is.”

Lees volledige hoofstuk Job 10