1. Job het gesê:“Ek het naar geword oor my lewe,ek sal sê hoekom ek kla,ek sal praat en sê hoe bitter ek is.
2. Ek sal vir God sê:U moenie sê ek is skuldig nie,U moet vir my sê hoekom U myvoor U, die Regter, wil bring.
3. Dink U dit is reg dat U my verdruk?U self het my gemaak,maar U wys dat U dink ek is nie belangrik nie.Nee, U laat dit goed gaan met die plannevan mense wat verkeerd doen.
4. Het U mens-oë, kyk U soos mense kyk?
5. Is u lewe so kort soos mense se lewens,is u jare so min soos ’n mens se jare?
6. Hoekom probeer U kykwat ek verkeerd gedoen het,hoekom soek U sonde by my?
7. Is dit omdat U weet dat eknie verkeerd gedoen heten dat niemand my van U kan red nie?
8. U self het my gemaak,en nou wil U my doodmaak.
9. U moet onthou, U het my gemaaksoos ’n mens iets van klei maak.Wil U my nou laat teruggaan na die stof?
10. U het my gemaaksoos ’n mens melk uitgooien dit dikmelk laat word,
11. U het vir my vel en vleis gegeeen U het my bene en seningsaan mekaar vasgemaak.
12. U het vir my lewe gegee,U het vir my gedoen wat U moes doen,U het vir my gesorg,
13. maar ek weet nou wat U wou doen,U het dit altyd weggesteek.
14. U kyk wanneer ek sonde doen.As ek verkeerd doen,dan sal U nie sê dat ek onskuldig is nie.
15. As ek verkeerd gedoen het,dan sal dit sleg gaan met my,en as ek onskuldig is,dan sal U my nie vryspreek nie.Ek kry baie swaar,dit gaan net sleg met my.
16. Wanneer ek sterk voel,dan jag U my soos ’n leeuen dan wys U vir my dat U sterker is.
17. U bring elke maal nuwe getuies teen my,U word meer en meer kwaad vir my,dit is soos wanneer U ’n leër teen my sal stuur.
18. Hoekom het U gesê ek moet gebore word?Ek wens dat ek gesterf het voordat iemandmy gesien het,