Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 65:18-25 Bybel vir Almal (ABA)

18. Maar julle moet vrolik weesen altyd juig oor wat Ek nou wil doen,want Ek sal nou ’n nuwe Jerusalem maak,’n Jerusalem wat juig.Sy mense sal vrolik wees.

19. Ek sal ook juig oor Jerusalem,Ek sal vrolik wees oor my volk,want hulle sal nie meerhuil en skree nie,hulle sal nie vra dat iemandhulle moet help nie.

20. Kinders sal nie jonk sterf nie,almal sal oud word.As iemand sterfwanneer hy 100 jaar is,dan sal mense sê hy was jonk.Maar as ’n sondaar 100 jaar oud word,dan sal dit die hele 100 jaarsleg gaan met hom.

21. My mense sal self woonin die huise wat hulle bou,en hulle sal self die druiwe eetvan die wingerde wat hulle plant.

22. Ander mense sal nie in hulle huise woonen hulle druiwe eet nie.Ek het my mense gekiesom aan My te behoort,hulle sal so oud word soos bome,en hulle sal self die vrugte eetvan die bome wat hulle geplant het.

23. Hulle sal nie werk totdat hulle moeg isen niks kry daarvoor nie,en hulle sal nie kinders krymet wie dit sleg sal gaan nie,want Ek sal dit goed laat gaanmet hulle en met hulle kinders.

24. Ek sal hulle antwoordvoordat hulle My roep.Hulle sal net begin bid,dan sal Ek doen wat hulle vra.

25. Wolwe en lammers sal saam wei,leeus sal gras vreet soos beeste,en die slange se kos sal stof wees.Hulle sal nie op my gewyde bergiets verkeerd doen nie,hulle sal niks breek nie.”Dit sê die Here.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 65