Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 63:12-19 Bybel vir Almal (ABA)

12. Hy het sy krag vir Moses gegeeen Hy het die watervoor hulle oopgemaak.Die mense sal dit altyd onthou.

13. Die Here het sy volkdeur die diep see laat loop.Nie een se voet het vasgesit nie,hulle het geloopsoos ’n perd op droë grond.

14. Die Gees van die Here het onstot by ons woonplek gebring.Hy het ons gelei soos beestewat ondertoe loop in ’n vallei.Die mense sal dit altyd onthou.Maar waar is die Here nou?

15. Here in die hemel, kyk na onsuit u gewyde en pragtige woonplek.Is U nie meer lief vir ons nie?Is U nie meer sterk nie?Is U nie meer bekommerd oor ons nie?Is U nie meer jammer vir ons nie?

16. Ja, U is ons Vader.Abraham of Jakob is nie ons vader nie.Hulle weet nie van ons nie.Here, U is ons Vader,U is nog altyd ons Bevryder,dit is u Naam.

17. Here, hoekom laat U onsweggaan van u pad?Hoekom maak U ons hardkoppigsodat ons U nie dien nie?Kom terug na ons toe,na u dienaars, die stammewat aan U behoort.

18. U gewyde volk het net ’n kort tydjiein die land gewoon.Toe het ons vyande gekomen hulle het u tempel verwoes.

19. Ons het geword soos menseoor wie U nooit regeer het nie,soos mense wat nie aan U behoort nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 63