Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 60:7-20 Bybel vir Almal (ABA)

7. “Al die skape en bokke van die land Kedarsal joune word,die ramme van die land Nebajotsal aan jou behoort.Ek wil graag hê dat jyhulle op my altaar moet offer,en Ek sal trots wees op my pragtige tempel.”

8. Wie is dit wat daar nader komsoos ’n wolk?Wie kom soos duiwe wat na hulle neste vlieg?

9. Jerusalem, dit is jou seuns wat van ver kom,hulle kom van die ver landelangs die see.Hulle kom met skepe,en hulle bring goud en silwer saam.Hulle kom om jou God die Here te eer,die Heilige God van Israel,en Hy sal vir jou ook eer gee.

10. “Mense van ander lande sal jou mure bou,en hulle konings sal vir jou werk,want Ek het jou gestraf toe Ek kwaad was,maar Ek wil graag weer goed wees vir jou.

11. Jou poorte sal elke dag en nag oop weessodat die duur en mooi dinge van die volkena jou toe kan kom,en sodat die volke hulle koningsna jou toe kan lei.

12. Dit sal sleg gaan met die volkewat jou nie dien nie,die vyande sal hulle lande verwoes,en hulle stede sal hope klippe word.

13. Die hout van die beste bome op Libanon-bergsal na jou toe kom,sipreshout, plataanhout en dennehout,en dit sal my tempel mooi maak,Ek sal die plek waar Ek woon, pragtig maak.

14. Die mense wat jou verdruk heten wat gedink het jy beteken niks,sal na jou toe komen laag voor jou buig.Hulle sal jou noem ‘Stad van die Here, Sion wat behoort aan die Heilige God van Israel.’

15. Daar het niemand in jou gewoon nie,niemand wou deur jou loop nie.Maar nou sal almal trots wees op jou,elke nuwe geslag sal bly wees oor jou.

16. Volke en hulle konings sal jou oppassoos ’n ma haar kind oppas,en jy sal weet Ek is die Here wat jou red,die Sterk God van Jakob is jou Bevryder.

17. Jerusalem, jy het nou brons,maar Ek bring vir jou goud,jy het yster,maar Ek bring silwer,jy het hout,maar Ek bring brons,jy het klip,maar Ek bring yster.Ek sal vir jou vrede gee,jou mense sal reg doen aan mekaar.

18. Niemand sal weer kan sêdat iemand slegte dinge doenaan die mense in jou land nieen niemand sal jou huise verwoes en afbreek nie.Jy sal sêjou mure se naam is ‘Die Here red,’en jou poorte se naam is ‘Prys die Here.’

19. In die dag sal die son nie meervir jou lig gee nieen die maan sal nie meer op jou skyn nie.Maar die Here sal altyd jou lig wees,jou God sal vir jou eer gee.

20. Jou son sal nie ondergaan nie,jou maan sal nie kleiner word nie,want die Here sal altyddie lig wees vir jou.Die tyd is verbytoe jy moes huil en treur.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 60