Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 60:5-12 Bybel vir Almal (ABA)

5. Wanneer jy dit sien,dan sal jy baie bly wees.Jou hart sal vinnig klopen jy sal bly word,want al die duur en mooi dingevan die volke sal joune word.Dit sal na jou toe kom oor die see.

6. Daar sal baie kamele na jou toe kom,kamele van die lande Midian en Efa.Hulle sal almal van die land Skeba komen hulle sal goud en wierook bring.Die mense sal die Here prys.

7. “Al die skape en bokke van die land Kedarsal joune word,die ramme van die land Nebajotsal aan jou behoort.Ek wil graag hê dat jyhulle op my altaar moet offer,en Ek sal trots wees op my pragtige tempel.”

8. Wie is dit wat daar nader komsoos ’n wolk?Wie kom soos duiwe wat na hulle neste vlieg?

9. Jerusalem, dit is jou seuns wat van ver kom,hulle kom van die ver landelangs die see.Hulle kom met skepe,en hulle bring goud en silwer saam.Hulle kom om jou God die Here te eer,die Heilige God van Israel,en Hy sal vir jou ook eer gee.

10. “Mense van ander lande sal jou mure bou,en hulle konings sal vir jou werk,want Ek het jou gestraf toe Ek kwaad was,maar Ek wil graag weer goed wees vir jou.

11. Jou poorte sal elke dag en nag oop weessodat die duur en mooi dinge van die volkena jou toe kan kom,en sodat die volke hulle koningsna jou toe kan lei.

12. Dit sal sleg gaan met die volkewat jou nie dien nie,die vyande sal hulle lande verwoes,en hulle stede sal hope klippe word.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 60