Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 6:5-9 Bybel vir Almal (ABA)

5. Ek het gesê: “Dit sal sleg gaan met my! Alles wat ek sê, is onrein, en alles wat my mense sê, is ook onrein. En nou het ek die Koning gesien, die Here wat oor alles regeer.”

6. Een van die serafs het na my toe gevlieg. In sy hand was ’n warm vuur-kool, hy het dit met ’n tang gevat van die altaar.

7. Hy het aan my mond geraak met die kool en hy het gesê: “Kyk, die kool het aan jou lippe geraak, nou is jou sonde weg, God het jou gereinig.”

8. Toe hoor ek die Here praat. Hy het gevra:“Vir wie sal Ek stuur?Wie sal vir Ons ’n boodskap bringna die mense van Juda toe?”Ek het gesê: “Hier is ek, stuur my.”

9. Die Here het gesê:“Gaan sê vir hierdie volk:‘Julle sal hoor en hoor wat Ek sê,maar julle sal nie verstaan nie.Julle sal kyk en kyk,maar julle sal nie weet wat julle sien nie.’

Lees volledige hoofstuk Jesaja 6