Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 6:4-7 Bybel vir Almal (ABA)

4. Die serafs het baie hard gepraat, die deure het gebewe, en die tempel het vol rook geword.

5. Ek het gesê: “Dit sal sleg gaan met my! Alles wat ek sê, is onrein, en alles wat my mense sê, is ook onrein. En nou het ek die Koning gesien, die Here wat oor alles regeer.”

6. Een van die serafs het na my toe gevlieg. In sy hand was ’n warm vuur-kool, hy het dit met ’n tang gevat van die altaar.

7. Hy het aan my mond geraak met die kool en hy het gesê: “Kyk, die kool het aan jou lippe geraak, nou is jou sonde weg, God het jou gereinig.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 6