Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 6:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek, Jesaja, het die Here gesien. Dit was in die jaar toe koning Ussia gesterf het. Die Here het op ’n baie hoë troon gesit en die onderkant van sy klere het die tempel volgemaak.

2. Bokant Hom het serafs gestaan. Elke seraf het ses vlerke gehad. Met twee vlerke het hy sy gesig toegemaak, met twee vlerke het hy sy voete toegemaak, en met twee vlerke het hy gevlieg.

3. Die serafs het hard vir mekaar gesê: “Heilig, heilig, heilig is die Here wat oor alles regeer. Hy is oral op die aarde.”

4. Die serafs het baie hard gepraat, die deure het gebewe, en die tempel het vol rook geword.

5. Ek het gesê: “Dit sal sleg gaan met my! Alles wat ek sê, is onrein, en alles wat my mense sê, is ook onrein. En nou het ek die Koning gesien, die Here wat oor alles regeer.”

6. Een van die serafs het na my toe gevlieg. In sy hand was ’n warm vuur-kool, hy het dit met ’n tang gevat van die altaar.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 6