Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 57:6-12 Bybel vir Almal (ABA)

6. Julle dink die gladde klippe in die valleiesal julle gelukkig maak,en julle bring vir hulle drank-offersen koring-offers.Die Here vra: “Moet Ek daarmee tevrede weesen niks doen nie?

7. Julle het vir julle beddens gemaakop die hoë bergeen julle het daarnatoe opgeklimom offers te bring.

8. Julle het beeldeagter die deure in julle huise gesit.Julle het weggegaan van Myen julle het ander gode gedien.Julle is soos ’n slegte vrouwat haar klere uittreken by ’n ander man in die bed klim,en dit is vir haar lekkerom na sy kaal liggaam te kyk.

9. Julle het baie olyf-olie en wierook geneemen julle het die afgod Molek gaan dien.Julle het boodskappers gestuurom nog gode te soek in ver plekke,ook in die doderyk.

10. Julle het so baie gesoekdat julle moeg geword het,maar julle het nie opgehou nie.Julle was altyd lus vir nog afgode,daarom het julle aangehou.

11. Vir wie was julle bang?Hoekom het julle aangehouom vir My te lieg?Hoekom dink julle nie meer aan My nie?Hoekom is julle nie bang vir My nie?Is dit omdat Ek so lank stilgebly het?

12. Julle dink julle het reg gedoen,maar Ek sal nou praatoor wat julle gedoen het,en julle gode sal julle nie kan help nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 57