Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 57:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die mense wat doenwat die Here wil hê, sterf.Dit is slegte mensewat hulle laat sterf.

2. Mense wat reg lewe,het vrede wanneer hulle sterfen in hulle graf lê.

3. Maar julle wat dink julle weetwat ander mense nie kan weet nie,julle wat by ander mansse vroue slaap,kom hiernatoe.

4. Vir wie spot julle,vir wie steek julle tong uit?Oor wie is julle blyomdat dit sleg gaan met hulle?Julle is opstandig teen die Hereen julle is vals.

5. Julle dien afgodeonder die groot bome,onder elke groen boom.Julle slag julle kindersen offer hulle in die bergeonder die rotse wat oorhang.

6. Julle dink die gladde klippe in die valleiesal julle gelukkig maak,en julle bring vir hulle drank-offersen koring-offers.Die Here vra: “Moet Ek daarmee tevrede weesen niks doen nie?

7. Julle het vir julle beddens gemaakop die hoë bergeen julle het daarnatoe opgeklimom offers te bring.

8. Julle het beeldeagter die deure in julle huise gesit.Julle het weggegaan van Myen julle het ander gode gedien.Julle is soos ’n slegte vrouwat haar klere uittreken by ’n ander man in die bed klim,en dit is vir haar lekkerom na sy kaal liggaam te kyk.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 57