Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 52:12-15 Bybel vir Almal (ABA)

12. Wanneer julle daar weggaan,dan sal julle nie hardloop nie,julle sal nie vlug nie,want die Here sal julle lei,die God van Israel sal by julle wees.

13. Die Here sê:“Kyk, my dienaar sal doenwat hy moet doen,hy sal baie belangrik word.

14. Voorheen was baie menseverbaas oor hom.Hy het sleg gelyk,hy het amper nie meersoos ’n mens gelyk nie.

15. Maar toe het hy baie volkeregop laat staan,hulle was verbaas,en konings het opgehouom hom te beskuldig,want hulle het dinge gesien,niemand het vir hulle daarvan vertel nie,hulle het dinge geweetwat niemand vir hulle gesê het nie.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 52