Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 50:7-11 Bybel vir Almal (ABA)

7. Ja, die Here help my, daarom kon die mensemy nie verneder nie.Die Here help my, daarom het ek my gesighard gemaak soos klip.Ek weet hulle sal my nie verneder nie.

8. Die Here sal wys dat ek reg isen dat Hy naby my is.Wie wil my hof toe vat?Kom ons gaan saam daarnatoe.Wie wil my beskuldig?Hy moet kom en dit doen.

9. Julle moet dit weet, die Here help my.Wie is dit wat wil sê ek is skuldig?Dit sal sleg gaan met al my vyande.Hulle sal word soos klerewanneer motte dit vreet.

10. “Daar is ook mense wat die Here dienen wat luister na my, sy dienaar.Dit gaan sleg met my,dit is donker rondom my,maar daardie mense moet glo in die Here,hulle moet weet dat Hy sal help.

11. Maar julle wat vure aansteekom my te brand,julle wat my skiet met brandpyle,julle sal self brand in die vuurwat julle aansteek.Die brandpyle sal in julle steek.Die Here sal dit doen.Julle sal op die grond lê en rol,want julle sal baie pyn hê.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 50