Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 5:9-23 Bybel vir Almal (ABA)

9. Die Here wat oor alles regeer, het vir my gesê:“Die vyande sal die baie huise verwoes,dit is seker.Daar sal niemand woon in die groot, mooi huise nie.

10. Julle sal net ’n bietjie wyn kry van ’n groot wingerd,en julle sal baie saad saai, maar min koring kry.”

11. Dit sal sleg gaan met julle wat vroeg opstaan om te drink,en in die aand wakker bly sodat die wyn julle warm kan maak.

12. Julle luister na die musiek van liere en harpe, tamboeryne en fluite.Julle drink wyn wanneer julle feesvier,maar julle kyk nie wat die Here doen nie.Julle sien nie die werk van sy hande nie.

13. My volk wil nie naby My wees nie.Daarom sal die vyande hulle wegvat na ander lande.Die mense en hulle leiers sal sterf,want hulle sal nie kos hê om te eet of water om te drink nie.

14. My volk wil nie naby My wees nie.Daarom is die doderyk soos ’n groot dierwat sy bek wyd oopmaak en die mense insluk.Al die mense wat nou skree en juig,sal saam afgaan na die doderyk, ook die belangrike mense.

15. Dan sal die hoogmoedige mense nie meer belangrik wees nie.

16. Die Here wat oor alles regeer, die heilige God,Hy alleen sal belangrik en heilig wees,want Hy doen reg aan mense, Hy is regverdig.

17. Skape sal wei waar die stad was.Hulle sal daar bly soos op die veld waar hulle altyd wei.

18. Dit sal sleg gaan met almal wat afgode dien.Hulle trek die sonde na hulle toe met sterk toue.

19. Hulle sê: “Die Heilige God van Israel moet gou maak,Hy moet sy werk vinnig doen, ons wil dit sien.Wat Hy besluit het, moet nou gebeur, ons wil dit weet.”

20. Dit sal sleg gaan met almal wat sêslegte dinge is goeden goeie dinge is sleg,almal wat maak of die donker lig isen of die lig donker is,almal wat sê bitter is soet en soet is bitter.

21. Dit sal sleg gaan met almal wat dink hulle weet baie,almal wat dink hulle is baie slim.

22. Dit sal sleg gaan met almal wat dink hulle is sterk mensewanneer hulle wyn drink en hulle bier sterk maak.

23. Dan sê hulle die man wat verkeerd gedoen het, is reg,en die man wat reg gedoen het, is verkeerd,omdat mense hulle betaal om dit te sê.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 5