Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 5:10-17 Bybel vir Almal (ABA)

10. Julle sal net ’n bietjie wyn kry van ’n groot wingerd,en julle sal baie saad saai, maar min koring kry.”

11. Dit sal sleg gaan met julle wat vroeg opstaan om te drink,en in die aand wakker bly sodat die wyn julle warm kan maak.

12. Julle luister na die musiek van liere en harpe, tamboeryne en fluite.Julle drink wyn wanneer julle feesvier,maar julle kyk nie wat die Here doen nie.Julle sien nie die werk van sy hande nie.

13. My volk wil nie naby My wees nie.Daarom sal die vyande hulle wegvat na ander lande.Die mense en hulle leiers sal sterf,want hulle sal nie kos hê om te eet of water om te drink nie.

14. My volk wil nie naby My wees nie.Daarom is die doderyk soos ’n groot dierwat sy bek wyd oopmaak en die mense insluk.Al die mense wat nou skree en juig,sal saam afgaan na die doderyk, ook die belangrike mense.

15. Dan sal die hoogmoedige mense nie meer belangrik wees nie.

16. Die Here wat oor alles regeer, die heilige God,Hy alleen sal belangrik en heilig wees,want Hy doen reg aan mense, Hy is regverdig.

17. Skape sal wei waar die stad was.Hulle sal daar bly soos op die veld waar hulle altyd wei.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 5