Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 5:1-13 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek is lief vir Iemand, en ek wil sing oor Hom.Ek wil sing oor sy wingerd.Ek is lief vir Hom.Hy het ’n wingerd op ’n heuwelwaar goeie grond is.

2. Hy het die grond op die heuwel omgespiten die klippe uitgehaalen hy het goeie wingerdstokke geplant.Toe het Hy ’n toring in die wingerd gebouen ’n parskuip in klip uitgekap.Hy het gehoop dat die wingerd druiwe sal dra,maar die wingerd het slegte vrugte gedra.

3. En nou sê Hy vir die mense wat in Jerusalem woonen vir die mense van die land Juda:“Julle moet sê wie het reg gedoen,Ek of my wingerd.

4. Wat moet Ek nog vir my wingerd doenwat Ek nog nie gedoen het nie?Ek het gehoop dat my wingerd druiwe sal dra,maar hy dra slegte vrugte.

5. Nou sê Ek vir julle wat Ek met my wingerd sal doen:Ek sal die muur om die wingerd afbreek,dan kan die diere die wingerd vreet en plat trap.

6. Ek sal die wingerd los.Ek sal nie die takke afknipen die bossies uithaal nie.Dorings en bossies sal in die wingerd groei,en Ek sal sê die wolke moenie op die wingerd reën nie.”

7. Wie is die wingerd van die Here,die Here wat oor alles regeer?Dit is die Israeliete, die mense van Juda.Hulle is die Here se tuin.Die Here wou bly wees oor hulle,en Hy het gewag dat hulle reg moet doen aan ander mense,maar hulle het dit nie gedoen nie.

8. Dit sal sleg gaan met julle.Julle hou aan om ander mense se grond te vat,en hulle het nie nou plek om te woon nie.Net julle het plek in die land.

9. Die Here wat oor alles regeer, het vir my gesê:“Die vyande sal die baie huise verwoes,dit is seker.Daar sal niemand woon in die groot, mooi huise nie.

10. Julle sal net ’n bietjie wyn kry van ’n groot wingerd,en julle sal baie saad saai, maar min koring kry.”

11. Dit sal sleg gaan met julle wat vroeg opstaan om te drink,en in die aand wakker bly sodat die wyn julle warm kan maak.

12. Julle luister na die musiek van liere en harpe, tamboeryne en fluite.Julle drink wyn wanneer julle feesvier,maar julle kyk nie wat die Here doen nie.Julle sien nie die werk van sy hande nie.

13. My volk wil nie naby My wees nie.Daarom sal die vyande hulle wegvat na ander lande.Die mense en hulle leiers sal sterf,want hulle sal nie kos hê om te eet of water om te drink nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 5