Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 47:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. “Stad Babel, jy was soos ’n meisiewat nie gewerk het nieen wat altyd gekry het wat sy wil hê.Maar nou moet jy afklim van jou stoelen jy moet op die grond gaan sit.

2. Jy moet ’n maalklip neem en jy moet meel maal,jy moet jou sluier afhaal en jou rok optelen jy moet kaalbeen deur riviere loop.

3. “Die mense sal sien jy is kaalen hulle sal vir jou kyk en jou spot.Ek, die Here, sal jou straf.Ek straf almal wat verkeerd doen.”

4. Dit is die Here wat ons vrymaak.Sy Naam is die Here wat oor alles regeer,Hy is die Heilige God van Israel.

5. “Babel, die mense het gesêjy regeer oor al die lande,maar hulle sal dit nie weer sê nie.Jy moet nou stilbly en in die donker sit.

6. Ek was kwaad vir my mense,Ek het gesê my volk is nie meer goedom My te dien nieen Ek het hulle vir jou gegeesodat jy hulle kan oorwin.Jy was nie jammer vir hulle nie,jy het ook die ou mensebaie swaar laat kry.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 47