Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 46:4-12 Bybel vir Almal (ABA)

4. Ook wanneer julle oud en grys is,dan sal Ek julle nog dra.Ek het julle gemaaken Ek sal julle dra,ja, Ek sal julle dra en Ek sal julle red.

5. “Wat dink julle, wie is soos Eken wie kan doen wat Ek doen?Wat dink julle, wie is soos Ek?

6. Daar is mense wat geld uit hulle sak haalen silwer weeg op ’n weegskaal.Hulle betaal ’n ambagsmanom vir hulle ’n god te maak.Dan buig die mense voor die goden hulle aanbid hom.

7. Hulle tel die god op en hulle dra homen sit hom neer.Die god staan daar en hy kan nie beweeg nie.Wanneer iemand vir hom vra om te help,dan antwoord die god hom nie en red hom nie.

8. “Israeliete, julle wat opstandig is teen die Here,julle moet daaraan dinken julle moet dit goed onthou.

9. Julle moet dink aan die dingewat lank gelede gebeur het.Ja, Ek is God, daar is nie ’n ander God nie.Ek is God, niks is soos Ek nie.

10. Dit is Ek wat lank gelede gesê hetwat sal gebeur.Ek het dit gesêlank voordat dit gebeur het.Dit is Ek wat sê Ek het besluiten dit sal gebeur,Ek sal doen wat Ek wil doen.

11. Dit is Ek wat uit die ooste ’n man geroep hetwat van ver kom soos ’n aasvoël.Ja, as Ek gesê het iets sal gebeur,dan gebeur dit.Ek doen wat Ek besluit het.

12. “Israeliete, julle is hardkoppig,julle doen nie wat reg is nie,maar julle moet luister na My.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 46