Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 46:10-13 Bybel vir Almal (ABA)

10. Dit is Ek wat lank gelede gesê hetwat sal gebeur.Ek het dit gesêlank voordat dit gebeur het.Dit is Ek wat sê Ek het besluiten dit sal gebeur,Ek sal doen wat Ek wil doen.

11. Dit is Ek wat uit die ooste ’n man geroep hetwat van ver kom soos ’n aasvoël.Ja, as Ek gesê het iets sal gebeur,dan gebeur dit.Ek doen wat Ek besluit het.

12. “Israeliete, julle is hardkoppig,julle doen nie wat reg is nie,maar julle moet luister na My.

13. Ek sal doen wat reg is,Ek sal dit goed laat gaan met julle,en dit sal gou gebeur.Ek sal dit goed laat gaan met Sion,Ek sal weer trots wees op die Israeliete.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 46