Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 45:19-25 Bybel vir Almal (ABA)

19. Ek het gepraat waar almal My kon hoor,Ek het nie in ’n donker plek gepraat nie.Ek het nie vir die nageslag van Jakob gesêhulle moet My dien op ’n plekwaar Ek nie is nie.Ek, die Here, praat wat reg is,Ek sê wat regtig sal gebeur.

20. Israeliete, julle wat van die ander volke wegvlug,julle moet bymekaarkom,julle moet saam nader kom en kom luister.Die ander volke weet dit nie,die mense wat houtbeelde saam met hulle draen bid tot gode wat hulle nie kan red nie.

21. Sê vir hulle en laat hulle besluit:Wie is dit wat lank gelede gesê hetwat sal gebeur?Dit is Ek, die Here.Daar is nie ’n ander God nie.Daar is nie nog ’n Godwat regtig God is en wat mense kan red nie.

22. Almal op die aarde, julle moet na My toe kom,Ek wil julle red.Ek is God, daar is nie ’n ander God nie.

23. Ek het vir Myself belowe,Ek het dit vas besluit, en dit sal gebeur:Elke knie sal voor My buig,elke mens sal my Naam noem.

24. Hulle sal sê: ‘Net die Herekan mense red en sterk maak.’Almal wat nou sê hulle is kwaad vir die Here,sal nie weet wat om te sêwanneer hulle voor Hom kom staan nie.

25. Maar die hele nageslag van Israelsal aan die Here behoort.Hulle sal wees soos Hy wil hê hulle moet wees,en hulle sal bly wees daaroor.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 45