Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 45:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here praat met Kores, die man wat Hy gesalf het.Die Here het hom gehelpom volke te oorwin.Konings het opgehouom oorlog te maak teen Koresen die poorte van stedehet vir hom oopgegaan.

2. Die Here sê vir Kores:“Ek sal jou lei en Ek sal jou pad gelyk maak.Ek sal die poorte van koper en yster breeksodat jy kan ingaan.

3. Ek sal vir jou die goed geewat die ander konings weggesteek hetin donker plekke.Dan sal jy weet Ek is die Herewat jou geroep het en wat jou naam genoem het,Ek is die God van Israel.

4. Ek het dit gedoen om my dienaars te help.Hulle is die nageslag van Jakob,die Israeliete, Ek het hulle gekies.Ek het jou geroepen Ek het jou naam genoem.Jy het My nie geken nie,maar Ek gee vir jou ’n spesiale naam.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 45