Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 43:23-28 Bybel vir Almal (ABA)

23. Julle het nie brand-offersvan skape of bokke gebringom Mý te eer nie.Ek het julle nie hard laat werkom ete-offers vir My te bring nie,Ek het julle nie moeg gemaakom vir My wierook-offers te bring nie.

24. Julle het nie kalmoes gekoopen vir My die vetste stukkevan julle offer-vleis gegee nie,nee, julle het My moeg laat wordoor al julle sondes.

25. Maar Ek is die God wat julle vergewedat julle opstandig is teen Myen Ek dink nie aan julle sondes nie.

26. Kom ons kyk wie is reg,bewys vir My dat julle reg is.

27. Julle eerste voorvader het al klaar sonde gedoen,die mense wat met My moes praaten wat moes sê wat julle sê,was opstandig teen My.

28. Daarom het Ek gesêdie priesters sal My nie meer kan dien nie,en het Ek vyande gestuurom die nageslag van Jakob dood te maak,en om die Israeliete te spot.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 43