Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 41:7-16 Bybel vir Almal (ABA)

7. Die manne wat beelde maak,sê vir mekaar:‘Ons het goeie werk gedoen!’En hulle maak die beeld sterken hulle slaan die beeld vas met spykerssodat dit nie omval nie.”

8. En Ek sê vir julle:“My dienaars,mense van Israel, nageslag van Jakobwat Ek gekies het, nageslag van my vriend Abraham:

9. Ek het Abraham uit ’n ver landlaat komen Ek het vir hom gesê: ‘Jy is my dienaar,Ek het jou gekiesen jou nie vergeet nie.’

10. Julle moenie bang wees nie,want Ek is by julle.Julle moenie bang rondkyk nie,want Ek is julle God.Ek sal julle sterk maak en julle help,Ek sal julle vashou met my sterk hand.

11. Kyk, almal wat iets slegwil doen aan julle,sal teleurgesteld wees.Hulle sal nie weet wat om te doen nie.Die mense wat wil hêdit moet sleg gaan met julle,sal word soos niks, hulle sal sterf.

12. Die mense wat oorlog maak teen julle,sal word soos niks,julle sal hulle soeken julle sal hulle nie kry nie.

13. Ja, Ek, julle God die Here,Ek maak julle sterk,Ek sê vir julle:Moenie bang wees nie,Ek help julle.

14. “Julle is so swak soos ’n wurm,julle is min,maar julle moenie bang wees nie,Ek help julle.”Dit sê die Here, die Heilige God van Israel.

15. “Kyk, Ek het jullesoos ’n nuwe dors-slee gemaak,’n dors-slee wat skerp ysters het.Julle sal berge en heuwels fynmaalen julle sal dit soos kaf maak.

16. Julle sal hulle in die lug opgooi,en die stormwind sal hulle wegwaai.Maar julle sal juigomdat die Here julle God is,julle sal die Heilige God van Israel prys.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 41