Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 41:6-13 Bybel vir Almal (ABA)

6. Hulle help mekaaren sê vir mekaar:‘Ons moet sterk wees.’

7. Die manne wat beelde maak,sê vir mekaar:‘Ons het goeie werk gedoen!’En hulle maak die beeld sterken hulle slaan die beeld vas met spykerssodat dit nie omval nie.”

8. En Ek sê vir julle:“My dienaars,mense van Israel, nageslag van Jakobwat Ek gekies het, nageslag van my vriend Abraham:

9. Ek het Abraham uit ’n ver landlaat komen Ek het vir hom gesê: ‘Jy is my dienaar,Ek het jou gekiesen jou nie vergeet nie.’

10. Julle moenie bang wees nie,want Ek is by julle.Julle moenie bang rondkyk nie,want Ek is julle God.Ek sal julle sterk maak en julle help,Ek sal julle vashou met my sterk hand.

11. Kyk, almal wat iets slegwil doen aan julle,sal teleurgesteld wees.Hulle sal nie weet wat om te doen nie.Die mense wat wil hêdit moet sleg gaan met julle,sal word soos niks, hulle sal sterf.

12. Die mense wat oorlog maak teen julle,sal word soos niks,julle sal hulle soeken julle sal hulle nie kry nie.

13. Ja, Ek, julle God die Here,Ek maak julle sterk,Ek sê vir julle:Moenie bang wees nie,Ek help julle.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 41