Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 41:22-29 Bybel vir Almal (ABA)

22. Sê vir Ons wat later sal gebeur,of sê vir Ons hoekom die dinge gebeur hetwat voorheen gebeur het.Sê dit vir Ons sodat Onsdaaroor kan dinken kan weet wat later sal gebeur.

23. Sê vir Ons wat later sal gebeur,sodat Ons kan weet julle is gode.Ja, doen enige iets,doen goed of doen sleg,sodat ons dit kan sienen bang kan word vir julle.

24. Maar julle is niksen julle kan niks doen nie.Die mense wat sê julle is hulle gode,doen baie verkeerd.

25. “Ek het ’n man uit die noordeen die ooste laat kom.Hy kom en hy aanbid My.Hy oorwin die mense wat regeeren hy trap op hulle soos ’n pottebakkerwat op klei trap.

26. Wie het voor daardie tyd gesê dit sal gebeursodat Ons dit kon weeten kon sê hy het reg gepraat?Niemand het dit gesê nie,nie een van julle het ’n woord gepraat nie,niemand het gehoor julle sê iets nie.

27. Dit is Ek wat eerste vir Sion,vir Jerusalem, gesê het:‘Kyk, julle mense kom terug,Ek bring vir julle die goeie nuus.’

28. Ek het gewag dat die gode moet praat,maar nie een het gepraat nie.Daar was nie een wat iets geweet hetsodat Ek vir hom kon vraen Hy kon antwoord nie.

29. Nie een van die godeis regtig ’n god nie,hulle kan niks doen nie,en hulle beelde beteken niks.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 41