Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 41:19-24 Bybel vir Almal (ABA)

19. Ek sal bome laat groei in die woestyn:sederbome, doringbome,mirteboompies en olienhout,jenewerbome, essenhoutbome en sipresbome.

20. Dan sal die mense wat dit sien, weetdat Ek, die Here, dit gedoen het,Ek, die Heilige God van Israel.”

21. Die Here, die Koning van Jakob,sê vir die gode:“Sê vir Ons wat julle is.Bewys vir Ons dat julle gode is.

22. Sê vir Ons wat later sal gebeur,of sê vir Ons hoekom die dinge gebeur hetwat voorheen gebeur het.Sê dit vir Ons sodat Onsdaaroor kan dinken kan weet wat later sal gebeur.

23. Sê vir Ons wat later sal gebeur,sodat Ons kan weet julle is gode.Ja, doen enige iets,doen goed of doen sleg,sodat ons dit kan sienen bang kan word vir julle.

24. Maar julle is niksen julle kan niks doen nie.Die mense wat sê julle is hulle gode,doen baie verkeerd.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 41