Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 41:17-22 Bybel vir Almal (ABA)

17. “Die mense wat hulleself nie kan help nieen wat arm is, soek water,maar daar is nie water nie.Hulle tonge word droog,want hulle is dors.Ek, die Here, sal vir hulle geewat hulle vra,Ek, die God van Israel, sal hullenie alleen los nie.

18. Ek sal die water in riviere laat vloeien Ek sal fonteine oopmaakop die plekke waar daar nouniks plante is nie.Ek sal die droë woestyn veranderin ’n plek waar daar baie water isen waar riete groei.

19. Ek sal bome laat groei in die woestyn:sederbome, doringbome,mirteboompies en olienhout,jenewerbome, essenhoutbome en sipresbome.

20. Dan sal die mense wat dit sien, weetdat Ek, die Here, dit gedoen het,Ek, die Heilige God van Israel.”

21. Die Here, die Koning van Jakob,sê vir die gode:“Sê vir Ons wat julle is.Bewys vir Ons dat julle gode is.

22. Sê vir Ons wat later sal gebeur,of sê vir Ons hoekom die dinge gebeur hetwat voorheen gebeur het.Sê dit vir Ons sodat Onsdaaroor kan dinken kan weet wat later sal gebeur.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 41