Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 40:12-21 Bybel vir Almal (ABA)

12. Wie het gesê hoeveel waterdaar moet weesen hoe groot die lug daarbomoet wees?Wie het gesê hoeveel gronddaar moet weesen hoe hoog die berge en die heuwelsmoet wees?

13. Wie mag vir die Here sêwat Hy moet dink,wie mag vir Hom sêwat die regte dinge iswat Hy moet doen?

14. Vir wie het die Here gevrawat Hy moet doen?Wie het vir Hom geleeren vir Hom gesêwat die regte ding is om te doen?Wie het vir Hom geleerom alles te verstaan?Niemand.

15. Al die volke beteken niks,ook die mense by die seebeteken niks.Hulle is soos ’n druppel wateruit ’n emmer,hulle is soos ’n bietjie stofop ’n weegskaal.

16. Al die hout en al die wilde diereop die Libanon-berg is te minom vuur te maaken vir die Here ’n brand-offer te bring.

17. Al die volke is soos niks voor die Here,by Hom is hulle minder as niks,hulle is nul.

18. Dink julle iemand kan soos God wees?Wat kan julle langs Hom sitwat soos Hy sal wees?

19. Dink julle ’n afgodsbeeld is soos die Here?Nee.’n Beeld is iets wat ’n ambagsman maaken met goud oortreken met silwerkettings vasmaak.

20. Of ’n beeld is ietswat ’n ambagsman uit harde hout snyen vas laat staansodat dit nie omval nie.

21. Weet julle nie?Het julle nie gehoor nie?Het niemand dit vir julle vertel nie?Kan julle nie verstaan nie?Dit is God wat die aarde gemaak het!

Lees volledige hoofstuk Jesaja 40