Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 36:17-22 Bybel vir Almal (ABA)

17. Later sal ek kom en ek sal julle wegvat na ’n land wat soos julle land is, ’n land waar daar koring en wyn is, ’n land waar daar kos en wingerde is.’

18. Julle moet oppas dat Hiskia julle nie bedrieg nie. Hy sê die Here sal julle red, maar ek vra vir julle: Kon die gode van die ander volke hulle lande beskerm teen die koning van Assirië? Nee.

19. Waar is die gode van die lande Hamat en Arpad? Waar is die gode van Sefarwajim? Daardie gode kon nie help nie. En wie kon die mense van Samaria teen my beskerm? Niemand.

20. Wie van al die gode van daardie lande kon sy land beskerm teen my? Nie een nie, en die Here kan Jerusalem ook nie beskerm teen my nie.”

21. Eljakim en die ander twee manne het stilgebly, hulle het nie die hoof-offisier geantwoord nie, want koning Hiskia het gesê hulle moenie die hoof-offisier antwoord nie.

22. Hulle het na Hiskia toe gegaan en hulle het hulle klere geskeur en vir hom vertel wat die hoof-offisier gesê het.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 36