Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 33:1-12 Bybel vir Almal (ABA)

1. Daar is ’n volk wat ander volkese lande verwoes het,maar niemand het daardie volkse land verwoes nie.Daar is ’n volk wat ander volke verraai het,maar niemand het daardie volkverraai nie.Dit sal sleg gaan met daardie volk.Wanneer hulle klaar verwoes heten klaar verraai het,dan sal ander volke daardie volk verraaien hulle sal daardie volk se land verwoes.

2. Here, wees asseblief genadig vir ons,ons wag dat U ons moet help.Maak ons elke oggend sterk,red ons, want ons kry swaar.

3. Wanneer U praaten die volke hoor u stem,dan vlug hulle.Wanneer U opstaan en nader kom,dan vlug die volke.

4. Ander volke sal die goed wegvatwat daardie volk gevat het.Die ander volke sal soos sprinkane komen hulle sal alles wegvat.

5. Die Here is bo almal,want Hy woon in die hemel.Hy sal sê,en die mense in Sionsal almal weer reg doenen regverdig wees.

6. Hulle sal altyd die Here vertrou.Hy sal hulle reden Hy sal vir hulle wysheid en kennis gee.Hulle sal die Here dien,dit sal hulle ryk maak.

7. Luister hoe roep die mensevan Jerusalem.Hulle vra dat die Herehulle moet kom help.Luister hoe huil die boodskapperswat moet sê daar is vrede.

8. Niemand loop op die paaie nie,niemand kom verby nie.Die vyand het sy ooreenkomsmet ons gebreek.Hulle het ons stede maklik oorwin,ons mense kon hulle nie keer nie.

9. Die land treur, alles word droog,die Libanon-berg lyksoos ’n mens wat bleek is,die plante op die berg word droog.Die Saron-vlakte is soos die woestyn.Die bome in die land Basanen op die Karmel-bergse blare val af.

10. Die Here sê: “Ek sal nou opstaanen doen wat Ek wil doen.

11. Alles wat julle doen,is soos droë gras en kaf.Julle het self ’n vuur aangesteek,maar julle sal brand in daardie vuur.

12. Volke sal verbranden hulle sal as wordsoos doringbossies wat iemand afkapen aan die brand steek.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 33