Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 28:8-20 Bybel vir Almal (ABA)

8. Hulle word naar en gooi open mors op al die tafels in die tempel.

9. Hulle sê:“Ons is nie klein kindertjies nie,hoekom wil Jesaja vir ons leer?Hoekom wil hy vir ons vertelwat die Here vir hom gesê het?

10. Ja, hy praat aanmekaar,hy hou aan om vir ons te sêwat ons moet doen.”

11. Ja, hulle spot,maar nou sal die Hereook met húlle spot,Hy sal op ’n ander maniermet hierdie volk praat.

12. Hy het voorheen vir sy volk gesê:“Hier is die plek waar julle kan rus,hier moet julle die mensewat moeg is, laat rus,hier kan julle veilig woon.”Maar hulle wou nie luister nie.

13. Nou sal die Here weermet hulle praat.Hy sal aanhou om vir hulle te sêwat hulle moet doen.Hy sal dit doen totdat hulleagteroor val en seerkry,totdat die vyande hulle vangen hulle wegvat.

14. Daarom, julle wat so spot,julle wat oor hierdie volk regeerwat in Jerusalem is,julle moet nou luisterwat sê die Here.

15. Julle moet luister,want julle sê julle het’n ooreenkoms gemaakmet die dood,en wanneer die watervloed kom,dan sal dit nie by julle kom nie.Julle dink julle leuenssal julle beskerm.

16. Daarom sê die Here nou:“Kyk, Ek sit ’n klip neer in Jerusalem.Dit is ’n klip wat die mense sal toets,dit is ’n harde hoek-klip waarop iemand’n muur kan bou.Die mense wat in My glo,sal veilig wees.Hulle sal nie vinnig moet vlug nie.

17. Ek sal die mense toetsen Ek sal kyk of hulle reg gedoen heten reg gelewe het.Julle dink julle leuens sal julle beskerm,maar wanneer die vyandesoos ’n hael-storm kom,dan sal julle sterf, daar sal niks oorbly van julle nie.Julle leuens sal julle nie beskerm nie.

18. Julle ooreenkoms met die doodsal niks help nie.Wanneer die watervloed kom,dan sal dit oor julle stroom.

19. Die watervloed sal elke dag kom,dit sal oor julle stroomen dit sal julle elke maal wegspoel.Dit sal kom in die dag en in die nag.Almal sal skrik en bewewanneer hulle hoor dit kom.

20. Niemand sal kan slaap nie.Dit sal weessoos wanneer jy wil slaapmaar die bed is te kort,jy kan nie reguit daarop lê nie,en die kombers is te klein,jy kan jouself nie daarmeetoemaak nie.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 28